Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Verdagte wat VF Plus-plakkate beskadig op heterdaad betrap in Springs

’n Verdagte is op 8 September 2026 op heterdaad betrap terwyl hy VF Plus-verkiesingsplakkate langs South Main Reef Road in Springs verwyder en beskadig het.

Inwoners het die voorval onmiddellik aangemeld en die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) is ontbied. Die persoon is in hegtenis geneem en aangekla. ’n Strafsaak is geopen en die eerste hofverskyning is vir 10 September geskeduleer.

Die VF Plus veroordeel hierdie daad van vandalisme ten sterkste. Die opsetlike beskadiging van politieke veldtogmateriaal is nie ’n meningsverskil nie, maar ’n misdryf wat eiendom en die demokratiese proses ondermyn.

Die vinnige optrede van wetstoepassers en gemeenskapslede wat ingegryp het, word verwelkom. Hierdie betrokkenheid wys dat inwoners nie bereid is om toe te kyk terwyl misdrywe gepleeg word nie.

Elke politieke party het die reg om ’n veldtog vrylik en vreedsaam te voer, en inwoners het die reg om toegang tot inligting te hê om ’n ingeligte keuse by die stembus te maak. Die VF Plus sal voortgaan om alle voorvalle van vandalisme en intimidasie aan te meld en regstappe te volg.

Politieke verskille mag bestaan, maar intimidasie, vandalisme en misdadige optrede kan nie geduld word nie.

Die VF Plus bedank die inwoners van Springs wat die voorval aangemeld het. Dit is presies die soort gemeenskapsbetrokkenheid wat nodig is om wet en orde te herstel.

Stem op 4 November VF Plus. Dit is tyd vir ’n regering wat wetstoepassing ernstig opneem.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.