Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Teenstrydige inligting rakende watertenkwaens in Mogale City

Teenstrydighede in die Mogale City-plaaslike munisipaliteit se konsepjaarverslag vir 2025/26 maak dit moeilik om behoorlike beplanning te doen vir wateronderbrekings.

Op een plek word aangedui dat die munisipaliteit oor 13 toegewyde watertenkwaens beskik en elders word dié aantal as 24 aangedui.

By navraag hieroor het die munisipale bestuurder, Makhosana Msezana, aangedui dat dit ‘n tikfout was en dat dit 24 miljoen moet lees. Hierdie syfer maak egter nog minder sin in die konteks van die verslag aangesien dit onmoontlik is dat só veel tenkwaens ter sprake kan wees.

Hierdie syfers stem duidelik nie ooreen nie en daarom sal die VF Plus op Woensdag 2 September 2026 skriftelik versoek dat die administrasie die korrekte syfers verskaf asook die konsepjaarverslag dienooreenkomstig aanpas.

Boonop is daar in die verslag geen melding van ‘n watertenkwa wat vermis word en waaroor die VF Plus reeds in Februarie 2026 navraag gedoen het nie.

Die huidige status van hierdie voertuig, asook hoe dit in die munisipaliteit se bateregister en verslagdoening weerspieël word, moet ook duidelik uiteengesit word.

Akkurate inligting oor die beskikbare vloot is noodsaaklik vir behoorlike toesig, beplanning, begroting en aanspreeklikheid.

Kiesers in Mogale City moet op 4 November vir die VF Plus stem om ‘n regering daar te stel wat ook op die fynere besonderhede ag slaan.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.