Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Optrede nodig om Merafong-infrastruktuur te beskerm

Die skerp toename in vandalisme en diefstal van kritieke munisipale infrastruktuur in die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) verlam dienslewering en laat inwoners in ʼn gevaarlike en onhoudbare situasie.

Dringende optrede is nodig om die infrastruktuur te beskerm

Woensdagnag is koperkabels by die Bloukrans-substasie gesteel. Dinsdagaand is daar by die Laerskool Danie Theron ingebreek waar ’n lugverkoelingstelsel beskadig en koperkabels gesteel is. ’n Kragboks in Gesinastraat, Carletonville is ook verlede week gevandaliseer.

Die VF Plus ontvang gereeld klagtes van inwoners wat meld dat daar by hul huise ingebreek word. Hierdie inbrake hou direk verband met die diefstal van kragkabels uit lamppale wat strate in donker hul en misdadigers ’n geleentheid bied om toe te slaan. Inwoners word nou gedwing om ekstra beligting op hul erwe aan te bring om hul gesinne en eiendom te beskerm.

Hoewel die Merafong-munisipaliteit oor sekuriteitswagte beskik, is daar eenvoudig nie genoeg beskerming om hierdie misdadige elemente te keer nie.

Die VF Plus dring daarop aan dat die munisipaliteit daadwerklik optree om infrastruktuur te beveilig en om belastinggeld verantwoordelik aan te wend vir volwaardige dienslewering.

Op 4 November het inwoners die geleentheid om ’n duidelike boodskap te stuur: Stem vir die VF Plus om ’n einde te maak aan wanbestuur en om ’n munisipaliteit te bou waar veiligheid, aanspreeklikheid en dienslewering eerste kom.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.