Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ontslag van Monyepao bring nie antwoorde oor R2 miljard-verlies

Die VF Plus het meer vrae as antwoorde oor die vorderingsverslag rakende die dissiplinêre proses teen ‘n voormalige hoofinligtingsbeampte van die Ekurhuleni-metro, Moloko Monyepao.

Die proses, wat meer as ʼn jaar gelede begin het ná ernstige aantygings van die wanbestuur van inligtings- en kommunikasietegnologie (ICT) het reeds meer as R1,56 miljoen gekos. Verdere regskoste word nog verwag. Die werkgewer het sy saak gesluit en die aangeleentheid sal na verwagting teen einde Augustus 2026 gefinaliseer word. Monyepao is intussen ontslaan.

Die saak hou verband met ’n geskatte inkomsteverlies van sowat R2 miljard weens die manipulering van die metro se faktuurstelsel (Solar), onakkurate meterlesings, rekeningmanipulasie en ernstige sekuriteitsgebreke. Die metro het dit as ’n “digitale noodtoestand” beskryf.

Forensiese ondersoeke het gedui op kuberaanvalle, moontlike interne betrokkenheid en ’n byna totale ineenstorting van ICT-kontroles.

Die raad en publiek het egter steeds nie ’n volledige uiteensetting ontvang van die werklike finansiële impak, die hoeveel geld wat reeds verhaal is, of wie eindelik aanspreeklik gehou sal word nie.

Die VF Plus eis antwoorde op die volgende:

• Hoeveel van die verliese is reeds verhaal?
• Is die swakhede wat die kuberaanval moontlik gemaak het, volledig reggestel?
• Is alle betrokke amptenare, diensverskaffers en enige ander rolspelers behoorlik ondersoek?
• Gaan almal wat aan bedrog, nalatigheid of wangedrag skuldig bevind word, dissiplinêr, siviel én strafregtelik aanspreeklik gehou word?

Die raad kan nie behoorlike oorsig uitoefen indien hy slegs van vorderingsverslae kennis neem sonder inagneming van die volle finansiële omvang, die verhaal van verliese en gevolgebestuur nie.

Die inwoners van Ekurhuleni verdien die waarheid, aanspreeklikheid en daadwerklike optrede.

Op 4 November het kiesers die geleentheid om vir die VF Plus te stem wat die belange van belastingbetalers vooropstel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.