Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Vrystaatse munisipaliteite betaal die prys vir jare se ANC-vermorsing

Die nasionale tesourie (NT) se besluit om befondsing aan 16 van die Vrystaat se 19 munisipaliteite terug te hou, sal inwoners wat reeds onder swak dienslewering gebuk gaan, verder benadeel.

Die VF Plus steun streng finansiële dissipline, maar wil beklemtoon dat dissipline weinig beteken wanneer amptenare en politieke ampsdraers jaar ná jaar onwettige, onreëlmatige en vermorste uitgawes veroorsaak sonder enige aanspreeklikheid.

In ANC-beheerde munisipaliteite word komitees soos die munisipale openbare rekeningekomitee (MPAC) dikwels verhinder om behoorlik te funksioneer. In stede daarvan dat vermorste fondse ondersoek en verhaal word, word verliese bloot afgeskryf. Só word kaders beskerm, terwyl inwoners die rekening betaal.

Tesourie straf nie die ANC nie, maar elke huishouding wat sonder water en elektrisiteit sit, elke onderneming wat sy deure moet sluit omdat die munisipaliteit nie betaal nie en elke inwoner wat deur slaggate moet ry en aan misdaad blootgestel word.

Die tyd vir verskonings is verby. Amptenare en politieke leiers wat belastingbetalers se geld vermors, moet persoonlik aanspreeklik gehou en, waar nodig, vervolg word.

Die enigste manier om hierdie munisipaliteite uit hul voortdurende verknorsing te red, is om finaal van die ANC ontslae te raak. Solank die ANC in beheer bly, sal swak bestuur, gebrek aan aanspreeklikheid en die vermorsing van openbare fondse voortduur.

Op 4 November het inwoners van die Vrystaat die geleentheid om vir werklike verandering te stem. Deur die VF Plus te ondersteun, kan ons begin om munisipaliteite te herstel en dienste te lewer waarvoor mense betaal.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.