Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Balju verwyder Mafube se hele voertuigvloot

Die Mafube-plaaslike munisipaliteit se dienslewering is tot stilstand gedwing nadat die balju beslag gelê het op die munisipaliteit se vloot voertuie weens uitstaande skuld van sowat R6 miljoen slegs aan die regsfirma Peyper Prokureurs.

Alle laaigrawe, watertrokke, diensbakkies en selfs die laaste Nissan NP200 is vanoggend verwyder, wat beteken dat Frankfort, Villiers, Tweeling en Cornelia sonder enige diensvoertuig gelaat is.

Die gevolg is ’n totale stilstand van basiese dienslewering, met geen kapasiteit vir rioolherstel, waterpypinstandhouding of noodintervensies nie.

Die VF Plus het met die Vrystaatse departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) in gesprek getree om in te gryp.

Die ANC-beheerde munisipaliteit het alle beheer oor dienslewering verloor en Mafube se inwoners word toenemend gedwing om self die rol van die staat te vervul om hul gemeenskappe aan die gang te hou.

Ten spyte daarvan dat Mafube reeds onder administrasie is, kon selfs ‘n artikel 139-ingryping nie die verval keer of die bestuur herstel nie.

Dit is duidelik dat die ANC nie eens sy eie onvermoë met ingryping kan uitwis nie.

Dis ons tyd om Mafube uit die ANC se hande te neem. Moenie wag tot dit te laat is nie.

Registreer nou en stem op 4 November vir die VF Plus vir werklike verbetering in Mafube.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.