Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

EMPD se invorderingstekort van meer as R193 miljoen kommerwekkend

Die VF Plus is bekommerd oor die Ekurhuleni-metropolisie se (EMPD) onvermoë om sy inkomste-teikens te haal, soos duidelik blyk uit die jongste ongeouditeerde finansiële en prestasieresultate vir die vierde kwartaal van die 2024/25-finansiële jaar.

Luidens die verslag het die EMPD ’n teiken van meer as R203 miljoen vir boetes en verbeurdverklarings gestel, maar slegs sowat R9,9 miljoen is ingevorder. Dit laat ’n tekort van meer as R193 miljoen vir die kwartaal.

Op ’n jaargrondslag het die departement reeds met R367 miljoen (oftewel 45%) onder sy jaarlikse inkomsteteiken van R812 miljoen geëindig.

Verskeie faktore dra tot hierdie onderprestasie by, soos tydens ’n vergadering van die gemeenskapsveiligheidsoorsigkomitee uitgelig is:

• Erge personeeltekorte wat wetstoepassing en administrasie lam lê.
• Kansellasies van tenders en vertragings in verkryging wat noodsaaklike toerusting en voertuigonderhoud beïnvloed.
• Laat betalings en begrotingsvertraging wat dienslewering en afdwingbaarheid strem.

Hierdie finansiële tekort het direkte gevolge vir padveiligheid, wetstoepassing en die metro se vermoë om basiese gemeenskapsveiligheidsinisiatiewe te finansier.

Die VF Plus doen ’n beroep op die metro om dringend te verduidelik waarom honderd miljoene rand se boetes nie ingevorder word nie.

Hierdie fondse behoort aangewend te word vir polisiëring, toerusting en gemeenskapsbeskerming en kan nie verlore gaan weens ondoeltreffendheid en wanbestuur nie.

Die VF Plus sal die situasie noukeurig monitor deur die raad se toesigprosesse en sal inwoners op hoogte hou van enige herstelpogings of vordering.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.