Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Watertenkwa-onderneming misbruik Tshwane-eiendom

Die VF Plus in die Tshwane-metroraad is die enigste party wat die metro voor stok kry omdat ʼn watertenkwa-onderneming ‘n erf van die metro in Olievenhoutbosch onwettig beset.

Ten spyte daarvan dat die watertenkwa-onderneming die metroraad faktureer om water aan inwoners van Olievenhoutbosch aan te ry, betaal die onderneming geen huurgeld vir die erf nie.

In ‘n verslag wat in die raad ter tafel gelê is in aanloop tot die oordrag van dié eiendom aan die departement van openbare werke en infrastruktuur, word daar uitgewys dat die metro maandeliks R12 500 verloor aan huurinkomste.

Tydens die mees onlangse raadsvergadering is daar bevestig dat dié onwettige besetting al sedert 2011 geskied, en dat die VF Plus die enigste party is wat dié praktyk probeer stopsit het. Voorts is die party van mening dat daar ook talle verordeninge oortree word deurdat die erf tans gebruik word vir doeleindes waarvoor dit nie geskik is nie.

Die VF Plus dring daarop aan dat die metroraad se eiendoms- en behuisingsmaatskappy dringend ondersoek instel na die onwettige gebruik van die dié perseel, asook pogings aanwend om agterstallige huur in te vorder.

Selfs al is dié eiendom geoormerk vir oordrag, moet munisipale verordeninge steeds toegepas word en moet huurinkomste ingevorder word.

Die VF Plus sal voorts ‘n amptelike versoek rig aan die uitvoerende burgemeester, dr. Nasiphi Moya, om op te tree teen die onderneming en die amptenare wat toegelaat het dat die onwettige besetting van dié eiendom so lank voortduur.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.