Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Bedfordview se waterprobleme kon vermy gewees het

Die VF Plus neem kennis van die Ekurhuleni-metro se jongste aksieplan om die ernstige watertekorte in Bedfordview aan te spreek deur onder meer die herstel van reservoirs en die aanlê van ’n nuwe Rand Water-pyplyn.

Hoewel hierdie ingrypings noodsaaklik is en verwelkom word, is dit duidelik dat die metro te lank versuim het om sy waterinfrastruktuur behoorlik te onderhou, ondanks herhaalde waarskuwings van die VF Plus.

Die inwoners van Bedfordview is al vir te lank onderworpe aan wateronderbrekings wat hul daaglikse lewe en plaaslike ondernemings ernstig ontwrig. Inwoners het in September reeds vier wateronderbrekings (5, 12, 17 en 29 September) gehad wat vir meer as ses uur geduur het.

Die huidige maatreëls, insluitend die instandhouding van die Klipfontein-reservoir, inspeksie van die Signal Hill-reservoir en die ontwikkeling van die O6 Rand Water-pyplyn, is daarom dringend noodsaaklik.

Die VF Plus verwelkom die beplande ingebruikneming van die O6-pyplyn in 2026 as ’n langtermyn-oplossing, maar dring daarop aan dat burgemeester, Nkosindiphile Xhakaza, sy verantwoordelikhede nakom. Deursigtige en onmiddellike optrede is nou nodig om die huidige krisis te verlig.

Woorde alleen is nie genoeg nie. Die gemeenskap verdien tasbare resultate en volhoubare, betroubare watervoorsiening.

Die VF Plus sal aanhou om die burgemeester en die metro verantwoordbaar te hou en sal sy rol as waghond vervul om toe te sien dat Bedfordview-inwoners die dienslewering ontvang wat hulle verdien.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.