Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

DA in Wes-Kaap verwerp VF Plus-mosie vir beter beskerming vir matrikulante

Dit is ironies dat die DA in die Wes-Kaapse parlement ʼn VF Plus-mosie vir die beter beskerming van matrikulante, veral gedurende eksamentyd, verwerp het, maar dan self ʼn debat voorstel waarin die toename in skietvoorvalle in die Wes-Kaap gedebatteer moet word.

In die mosie het die VF Plus ʼn ernstige en dringende beroep op die Wes-Kaapse regering gedoen om daadwerklik stappe te neem ter beskerming van leerders en matrikulante veral gedurende die komende eksamentyd.

Die voorlopige aanvang van die matriekeksamens veroorsaak dat leerders skoolterreine vroeër verlaat wat hul blootstelling aan gevaarlike omstandighede verhoog.

Die premier van die Wes-Kaap, Allan Winde, het egter die mosie teengestaan – ʼn stap wat verbasing en kommer vanuit die hele provinsiale parlement ontlok het, veral gesien teen die agtergrond van die voortdurende en eskalerende skietvoorvalle op veral die Kaapse Vlakte.

Die realiteit is dat kinders uit minderbevoorregte gemeenskappe daagliks in vrees leef weens bendegeweld en dat die kanse groot is dat onskuldige leerders in die kruisvuur van bendes kan beland.

Misdaad en geweld skep ook ʼn ongelyk leeromgewing en ondermyn dié leerders se akademiese toekoms.

Die premier se weiering om die mosie te steun, is ʼn morele oordeelsfout en stel begrotingsbesparings bo die beskerming van onskuldige jong lewens.

Die veiligheid van kinders mag nooit ’n politieke speelbal wees nie.

Die VF Plus sal aanhou druk uitoefen vir konkrete maatreëls om matrikulante te beskerm.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.