Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Randwater sny Lesedi se watertoevoer met 20%

Die Lesedi-plaaslike munisipaliteit (Heidelberg, Ratanda, Viskuil) se waterdruk is teen die einde van Maart met 20% verlaag weens dié munisipaliteit se wanbetaling aan Randwater.

Lesedi skuld Randwater R120 miljoen vir historiese skuld.

Die munisipaliteit het vir die afgelope vyf maande sy volle uitstaande lopende rekening aan Randwater betaal omdat die invorderingskoers van verlede jaar tot nou na 71% opgeskuif het.

Lesedi kon egter nie daarin slaag om historiese skuld af te betaal nie wat gelei het tot die vermindering van watertoevoer. Die munisipaliteit is tans besig om met Randwater te onderhandel.

Die VF Plus het Lesedi gemaan om behoorlike kredietbeheer toe te pas en staatsinstellings te dwing om hul diensterekeninge te betaal. Sulke instellings skuld die munisipaliteit meer as R100 miljoen. Indien die geld ingevorder word, kan Lesedi van sy uitstaande skuld aan die waterverskaffer betaal.

Dit is onregverdig dat huishoudings hul diensterekeninge betaal terwyl staatsinstellings elke maand al hoe meer agterstallig raak. Die skuldlas kan nie net op huiseienaars en ondernemers geplaas word nie. Dit moet regverdig verdeel word.

Intussen is die reservoirs in Heidelberg se watervlakke laag en hoogliggende gebiede is sonder water.

Die munisipaliteit het waterwaens beskikbaar gestel en die party hoop dat ʼn ooreenkoms gou bereik word.

Die VF Plus is van mening dat kredietbeheer strenger toegepas moet word en die munisipaliteit moet bedag wees op sy skuld aan grootmaatverskaffers en kontrakteurs om nie weer in so ʼn situasie te beland nie.

Die party sal aanhou om druk op die munisipaliteit toe te pas om te sorg dat inwoners nie gestraf word vir die wanbestuur van senior amptenare nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.