Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus oorhandig skenkings aan informele behuisingskamp in Alberton-Noord

Die VF Plus in die Ekurhuleni-metro het gister (22 Februarie) ‘n groot hoeveelheid kos, klere, skoonmaakmiddels en linne aan inwoners van die informele behuisingskamp in Alberton-Noord geskenk waar sowat honderd behoeftiges woon.

Die kamp is geleë op ‘n ou skoolterrein waar mense in en om ‘n voorafvervaardigde skoolsaal woon. Baie van die inwoners het hul werk tydens die Covid-19-inperking verloor en is van skenkings afhanklik.

Die VF Plus het die publiek in Januarie genader om skenkings toe dié inwoners se nood onder sy aandag gekom het.

Mense wat bydraes wil maak, kan gerus die VF Plus-kantore Woensdae besoek waar donasies tussen 8:00 en 17:00 afgelewer kan word. Die adres is Negendelaan 7A, Northmead, Benoni, of skakel gerus die kantoor by 012 943 9638 of stuur ‘n epos na oosrand@vfplus.org.za.

Die party sal voortgaan met die insameling van noodsaaklikhede om ook ander soortgelyke instansies te help.

Die VF Plus bedank alle skenkers vir hul medemenslikheid teenoor gemeenskappe wat daagliks ‘n oorlewingstryd voer.

Navrae: 072 217 1951

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.