Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom hersiening van weermag-onderhoudskontrakte met Kuba

Die VF Plus verwelkom die minister van verdediging, Thandi Modise, se aankondiging dat die omstrede weermag-onderhoudskontrakte van miljoene rand met Kuba, saam met ander kontrakte hersien gaan word.

Die minister se aankondiging was in antwoord op ‘n parlementêre vraag van die VF Plus in die NRP oor die omvang van die negatiewe impak van Kubaanse kontrakte op die weermag se finansies.

Die VF Plus het ook uitgewys dat die weermag se huidige dilemma nie bloot aan begrotingsbesnoeiings toegeskryf kan word nie.

Jarelange oorbesteding op die weermag se salarisrekening, swak beplanning en misplaaste doelwitte het alles bygedra tot die verval van ‘n eens trotse verdedigingsmag.

Die weermag kan vandag kwalik doeltreffend reageer op buitelandse en selfs binnelandse bedreigings weens ‘n gebrek aan toerusting en behoorlike voorbereiding.

Verlede jaar se onluste is ‘n bewys daarvan.

Die aanstelling van Kubane deur die ANC-regering om voertuie in stand te hou en te herstel, was van meet af aan onbekostigbaar en irrasioneel.

Die weermag behoort die kontrakte met onmiddellike effek te beëindig en te fokus op operasionele gereedheid soos sy grondwetlike mandaat vereis.

Suid-Afrikaners verdien beter as die ANC.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.