Die VF Plus se steun het met gister (Woensdag) se tussenverkiesing in Wyk 83 in die Johannesburgse metro met byna 10% gegroei sedert die algemene verkiesing op 8 Mei.
Gemeet aan die munisipale tussenverkiesing van 2016 het die party se steun van 3.78% tot 23.27% toegeneem.
Die DA se steun in die wyk het met 16,49% afgeneem in die ooreenstemmende tydperk. Die stempersentasie in die wyk was net meer as 28%.
Die uitslag bevestig ‘n verdere uittog van kiesers vanuit die DA na die VF Plus. Dit raak toenemend duidelik dat die VF Plus ná die 2021-plaaslike regeringsverkiesing ‘n groter rolspeler ook in plaaslike regerings gaan wees.
Die VF Plus is reeds sedert 2016 ‘n regeervennoot in verskeie munisipale- en metrorade en hierdie uitslag bevestig die party se belangrikheid as koalisievennoot om beheer te neem oor ANC-beheerde munisipaliteite te einde beter dienslewering aan getroue belastingbetalers te verseker.
Kontak 082 466 3786 / 062 391 1804


