Die VPH is ‘n voorverkiesingsooreenkoms tussen politieke partye.
Die doel van hierdie ooreenkoms is om ‘n politieke oorgang in Suid-Afrika te fasiliteer weg van die agteruitgang wat deur 30 jaar van ANC-regering bewerkstellig is.
Die ooreenkoms lê die grondslag vir ‘n nuwe veelparty-regering in 2024 wat die menigte uitdagings wat Suid-Afrikaners in die gesig staar, kan aanspreek.
Die Handves dien as ‘n simbool van hoop. Daar is hoop om die ANC te ontsetel en ‘n verantwoordelike veelparty-koalisieregering te vorm wat die belange van die burgers sal dien.
Nee, die VF Plus is ‘n party met sy eie beleid en missie.
Die Handves verskaf ‘n grondslag vir ‘n koalisieregering.
As die VF Plus deel vorm van so ‘n regering, sal hy sy beleid kan verwesenlik en die belange van sy kiesers dien.
Die Handves is nie ‘n nuwe, geassimileerde politieke party nie. Die partye in die Handves het steeds verskille in beleid, missies, ens. Daarom bly ons individuele partye.
‘n Kieser kan egter die Handves-vennoot kies waarmee hy/sy die meeste saamstem en daardie party ‘n sterk aanspraakmaker binne ‘n veelparty-regering maak.
Die VF Plus, DA, IVP, ACDP ActionSA, UIM, SNP, Isanco, UCDP, Ekhethu en UNP is tans partye wat deel vorm van die ooreenkoms.
Meer partye sal by die Handves aansluit voor die komende verkiesings.
Nee, ‘n koalisie word gevorm ná ‘n verkiesing, afhangende van die uitslae.
Die doel van die ooreenkoms en die Handves is om nou reeds konsensus te vind oor sekere pertinente kwessies wat gewoonlik omstrede is in koalisie-onderhandelinge.
Ná die bekendmaking van die verkiesingsuitslae, bied die Grondwet van Suid-Afrika slegs 14 dae om ‘n president te kies en ‘n regering saam te stel.
Om kwessies nou te bespreek en ‘n mate van ooreenkoms tussen moontlike koalisievennote te verkry, sal die ná-verkiesingsonderhandelinge makliker en meer vrugbaar maak.
Al die partye sal as individuele partye aan die verkiesing deelneem met hul eie presidentskandidate.
’n Koalisie sal ná die verkiesing gevorm word op grond van die uitslae en prestasies van die individuele partye.
Die uitslae sal dus ‘n invloed hê op die verdeling van mag binne so ‘n veelparty-regering.
Maar wie word dan president?
Dit sal afhang van die onderhandelinge ná die verkiesing.
Hoe sterker jy die VF Plus maak deur vir ons te stem, hoe sterker sal ons sê in die onderhandelinge wees.
"*" indicates required fields
@VFPlus You guys are doing a great job, I have switched from DA to VF+. I sincerely hope you are ready to defend our rights and interests during the National Dialogue. There is likely to be an attempt to introduce radical proposals like EWC or Banning of Firearms which CANNOT be allowed
The @Our_DA has a @jsteenhuisen trying to implement safety plans that combats another politicians songs about killing the people he's trying to protect.
Madness.
My votes going to the @VFPlus John. You had every oppertunity to call the ANC syndicate out for what it is and you…
@IFP_National @OnsBaizaNie Mr @wouter_wessels from the @VFPlus said the country needs economic growth, and the right policies to create wealth. He also said that every rand must be spent for the benefit of every South African
#Budget2025
#7thParliament
"Die @VFPlus moedig pensioenarisse in die Ekurhuleni-metro aan om aansoek te doen vir korting op hul eiendomsbelasting voor die nuwe eiendomswaardasies inskop op 1 Julie 2025." - Rdl. @CllrJenniferG
📌Artikel: https://bit.ly/EiendomsbelastingEkurhuleni
Die Vryheidsfront Plus is verbind tot groepsregte, teen regstellende aksie en vir ‘n beter SA vir almal.