Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Munisipale verkiesing 2026

Lizan Burger, VF Plus candidate

Oor Lizan Burger

Lizan Mulder is ’n gemeenskapsgerigte leier van Somerset-Oos met sterk ervaring in kliëntediens, mensebestuur en probleemoplossing. Sy het ’n Junior Boekhousertifikaat en het meer as tien jaar in verkope gewerk voordat sy takbestuurder by Kelston Fast Lane geword het. Lizan het op verskeie gemeenskapskomitees gedien, insluitend die Voortrekkers, Helpende Hand en ATKV. Sy is toegewyd aan beter dienslewering, sterker gemeenskapsstrukture en deursigtige, betroubare ondersteuning aan inwoners.

Lizan Burger, VF Plus candidate

Ek glo elke inwoner verdien goeie diens, eerlike kommunikasie en leierskap wat luister. Ek staan as kandidaat omdat ek ’n werklike verskil in Somerset-Oos wil maak. My doel is om mense eerste te stel, probleme prakties op te los en te verseker dat ons gemeenskap die dienslewering kry waarvoor hulle betaal. Ek is gereed om met integriteit, toewyding en omgee te werk.

- Lizan Burger

VERKIESING IN

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Hou hierdie spasie dop vir verkiesingsuitslae.
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.