Mafube-werkers staak oor salarisse

Die Mafube-plaaslike munisipaliteit (Frankfort, Cornelia, Tweeling en Villiers) kan nie werkers se salarisse vir Mei betaal nie en dit het nou tot ʼn staking gelei. Die munisipale werkers se pensioenfonds het ʼn hofbevel verkry om die munisipaliteit se bankrekening te bevries. Die munisipaliteit, wat tans onder artikel 139-ingryping is, skuld R87.3 miljoen aan agterstallige pensioenfondsbydraes […]
VF Plus dien strafregtelike klagte in oor riool wat in Vaal- en Wilgeriviere vloei

Die VF Plus in die Mafube-plaaslike munisipaliteit (Frankfort, Villiers, Cornelia en Tweeling) het strafregtelike klagte ingedien oor riool wat al vir etlike maande in die Vaalrivier by Villiers en in die Wilgerivier by Frankfort vloei. Die klagte is ingedien teen die munisipale bestuurder van Mafube, mnr. Mothusi Frank Lepheana en die direkteur van tegniese dienste, […]