Dissipline is nodig om uitvoering te gee aan enige wet of reël. Daarom moet veranderinge aan die Verdedigingswet, wat daarop gemik is om dissipline in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) te verbeter, verwelkom word.
Een voorbeeld van die opskerping van dissipline in die wet, is dat waar ‘n lid vir tien dae agtereenvolgens van diens afwesig is sonder verlof, so ‘n lid se diens summier beëindig word.
Strenger maatreëls en dissipline in die weermag is nodig aangesien dit oënskynlik ‘n gewoonte geword dat lede net vir diens aanmeld en dan hul basis verlaat. In Potchefstroom spog lede openlik dat hulle net tot tienuur by die basis is waarna hulle in die dorp gaan rondloop.
Die wetsontwerp gee ook aan die minister van verdediging sekere magte en bevoegdhede om maatreëls aan te kondig om basisse veiliger te maak.
Die VF Plus ondersteun dit aangesien dit nie aanvaarbaar is om in die media te verneem van wagte by ingange van militêre basisse wat aan diens slaap of oorval word deur misdadigers wat met messe gewapen is en die wagte dan van hul R4-gewere en ammunisie beroof nie.
Sulke swak dissipline is onaanvaarbaar. Die maatreëls om dit op te skerp is wel in plek, maar die minister moet toesien dat dissipline in besonder opgeskerp word in die weermag.
Ongeag van watter wet of reël gemaak word, die sukses daarvan sal afhang van die gedissiplineerdheid waarmee lede dit toepas. Dit is wel moontlik om dissipline deur behoorlike opleiding in lede in te dril, en slegs dan sal ‘n wet wat dissipline onderlê, wel van nut wees.
• Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het in sy toespraak hulde gebring aan die oud-weermaghoof generaal Jannie Geldenhuys en het sy medelye met die familie en naasbestaandes van genl. Geldenhuys betuig.
Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216