fbpx
Vryheidsfront Plus

Komplot of nie, staatskaping ruk Vrystaatse belastingbetalers

Die ondersoek na staatskaping het bevestig dat miljoene rande aan media-maatskappye met Gupta-bande in die Vrystaat bestee is. Hierdie sogenaamde publikasies, wat ‘n gemeenskapstydskrif en die New Age-koerant insluit, lewer geen bydrae tot die lewenskwaliteit van die inwoners van die Vrystaat nie. Dit is ‘n blatante vermorsing van belastingbetalers se geld waaruit absoluut geen waarde geput word nie.

Die VF Plus het die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela, in ‘n vraag in die Vrystaatse wetgewer versoek om aan te dui of die Vrystaatse regering self ondersoek sal instel na die feit dat nagenoeg R80 miljoen aan Gupta-mediamaatskappye betaal is vir onder andere die aankoop van koerante vir staatsdepartemente. Die geld vorm deel van R260 miljoen wat tussen 2011 en 2018 deur die regering aan die maatskappye betaal is.

Die nasionale tesourie het Maandag voor die Ondersoekkommissie na Staatskaping erken dat die Vrystaat meer as enige provinsie geld bestee het aan publikasies in Gupta-maatskappye. Die voormalige premier, Ace Magahshule, se kantoor alleen het R53 miljoen bestee.

Die ondersoek moet insluit of daar steeds sulke astronomiese uitgawes aangegaan word en aan watter mediamaatskappye en wat gedoen word om dit te stuit. Sulke uitgawes dra hoegenaamd nie by tot die welvaart van die Vrystaat nie en is onnodig, veral in ‘n provinsie wat bykans bankrot is.

Die fokus van die Ondersoekkommissie behoort nie net te wees watter ANC-leiers mekaar ondermyn of komplotte teen mekaar beplan nie, maar hoe regeringsfondse vir politieke gewin misbruik word.

Belastinggeld wat vir Suid-Afrikaners bedoel is, kan nie vir interne ANC-bronne misbruik word nie.

Met die onthullings deur tesourie het Ntombela ‘n geleentheid om die kaping in die Vrystaat aan te spreek. Haar premierskap en verbintenis tot die Vrystaat, en nie ‘n ANC-faksie nie, sal nou getoets word.

Kontakbesonderhede: 082 490 6663

 

 

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.