fbpx
Vryheidsfront Plus

Vrystaat-begroting: Regering wys weereens verkeerde prioriteite

Die LUR vir finansies in die Vrystaat, me. Gadija Brown, het min tot geen beweegruimte gehad om werklik ‘n provinsiale begroting ter tafel te lê wat die provinsiale tekortkominge effektief sal aanspreek nie.

Weens die resessie waarin Suid-Afrika verkeer, is die ekonomiese koek kleiner en kan die Vrystaat nog minder daaruit ontvang. Die LUR behoort werkskepping te stimuleer buite die staat en nie ‘n rookskerm voorhou om die werkloosheidsyfer kunsmatig aan te pas nie.

Die enigste manier waarop die Vrystaat se ekonomie sal groei, is wanneer die salarisrekening verklein en die regering die klimaat skep sodat die privaatsektor werksgeleenthede kan skep.

Die landbousektor is ‘n werkverskaffer en dra by tot voedselsekerheid, maar word weer stief behandel. Kommersiële boere ontvang weereens nie hulp nie. Die landbousektor sal ook nie verdere werksgeleenthede kan skep indien die regering toegelaat word om voort te gaan met sy absurde onteieningsplan nie.

Die begroting getuig, soos in die verlede, van die regerende party se verkeerde prioriteite en selfdienende neigings.

Meer as R670 miljoen is vir die 2020/2021-finansiële jaar gekanaliseer na die premierskantoor, wat sowat R200 miljoen meer is as die R462 miljoen aan die departement van samewerkende regering wat sukkelende Vrystaatse munisipaliteite moet bestuur.

Die begroting is nie ‘n begroting in die beste belang van die mense van die Vrystaat nie. Die Vrystaat se koffers is leeg en dit wat wel beskikbaar is vir departemente en munisipaliteite, moet behoorlik toegewys en bestuur word. Die VF Plus sal aanhou veg vir die verantwoordelike kanalisering van fondse.

Kontaknommer: 084 206 3375

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.