fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Vrye pers onontbeerlik in ‘n grondwetlike demokrasie

Die media in Suid-Afrika speel ‘n groot rol daarin om gesagstrukture verantwoordbaar te hou en is van die allergrootste belang in ‘n grondwetlike, demokratiese bestel, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor kommunikasie.

Adv. Alberts sê die nuwe oproepe om die regulering van die pers deur lisensies vir joernaliste wat gemaak is deur Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK en dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, is ‘n herhaling van ‘n vorige, soortgelyke oproep deur die ANC.

Hy sê die pers het daarna hul selfregulering aangepas tot aanvaarding van almal buiten die regering.

“Hierdie jongste uitlatings is belaglik. Dit tas vryheid van spraak aan en is ‘n oorreaksie van regeringskant omdat die media in Suid-Afrika ‘n groot rol speel as waghond vir die publiek en om gesagstrukture in die land tot orde te roep.

“Die VF Plus was al self aan die ontvangkant van die media, maar desnieteenstaande ondersteun ons die reg van die media om ondersoekend op te tree en te kritiseer soos dit sy reg is binne ‘n grondwetlike demokrasie.

“As deel van die selfregulering is onder meer die persombudsman daar gestel om onregverdige en onbillike joernalistiek te keer en daar kan van hierdie kanaal gebruik gemaak word instede daarvan om media te reguleer.

“Daar is verskeie voorbeelde net in die afgelope paar weke oor die doeltreffendheid van die ombudsman.

“Motsoeneng, wat duidelik as die ANC-hand in die SAUK optree asook Nzimande, kan hulself afvra hoe hulle sal voel as hulle nie meer deel is van die regering nie, maar die opposisie met ‘n media wat net die dag se regering ter wille is,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.