Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Vroue lei deur karakter; benodig nie kunsmatige kwotas om gelykheid te bevorder nie

*Nota aan joernaliste: Volledige Vrouedag-toespraak van me. Wessels volg aan die einde van die verklaring:

Vroue moet hul waarde en plek in die samelewing besef en eien. Ons behoort ons nie aan ‘n kwotastelsel te onderwerp vir poste en posisies nie. Deur dit te doen erken ons dat ons hulp nodig het om gelyke behandeling te ontvang. Ware geslagsgelykheid kan nie met kwotas bekom word nie.

Vroue behoort vandag weer soos die vroue van die verlede op te staan vir dit wat hulle toekom en nie wag vir kwotas en kunsmatige bevoordeling nie.

Ons leef in uitdagende, onverdraagsame en identiteitlose tye. Ons het vergeet waar ons vandaan kom, omdat politici en ander groeperinge populistiese uitsprake maak oor die Afrikaner- en Suid-Afrikaanse geskiedenis.

Dit is egter belangrik om te onthou dat vroue van Suid-Afrika en spesifiek Afrikanervroue ‘n geskiedenis van krag en deursettingsvermoë het om op trots te wees.

Die Vrouemonument wat in 1913 opgerig is ter herdenking van die 34 000 vroue en kinders wat gedurende die Anglo-Boereoorlog gesterf het, is nie net ‘n simbool van liefde en vergifnis nie, maar ook van die vroue se krag. Afrikanervroue was die ware “bittereinders” tydens die oorlog.

Vrouedag in Suid-Afrika moet die rol en stryd van alle vroue in die land se geskiedenis vier, nie net die van ANC-vroue nie.

Vroue kan trots wees op die gedeelde geskiedenis en moet deur middel van hul karakter leiding gee gedurende uitdagende omstandighede deur liefde, verdraagsaamheid en trots in die samelewing te kweek.

Kontaknommer: 082 490 6663

 

Toespraak: Vroudedag-debat in die Vrystaatse wetgewer

Vrydag, 3 Augustus 2018

“Alle oorspronklikheid en verskeidenheid is verdring in ‘n doodse alledaagse groef. Wie weet watter talentvolle vroue Afrika al kon gehad het, was dit nie vir die verlammende, dodende idee wat hier heers omtrent wat ‘n meisie en vrou moet wees nie.”

Woorde wat reeds in 1921 deur die eerste Afrikaner-feminis geskryf is. Haar naam, Marié du Toit, oftewel Totius die digter se suster.

Her words spoken nearly some 100 years earlier, still ring true today. Women have been marginalised through the centuries. Women have been discriminated against and today is not different.

But today it is not just the world that discriminate against us as women. No, it is us, as women, who discriminate against ourselves.

Yes, dear female colleagues, by allowing ourselves to be reduced to a mere quota in a party will never give us the power.

Deur kwotas goed te keur en te ondersteun, is so goed as om te sê: “Ek weet ek is nie goed genoeg nie.” It is condoning marginalisation and accepting the myth that women are inferior or even equal to men, because we are far greater.

Agbare speaker, laat my toe om deur middel van my eie Afrikaner-geskiedenis hierdie stelling te staaf.

Die Vrouemonument is na jare se spaar gebou en is in 1913 onthul. Die monument staan as ‘n gedenknaald vir liefde en vergifnis, maar spreek ook tot die lyding van die vroue en kinders van alle rasse wat in die Anglo-Boereoorlog omgekom het.

Vroue en kinders is as gevolg van die “Verskroeide Aarde”-beleid deur Britse kolonialiste in konsentrasiekampe gegooi om die “rebelle” tot oorgawe te dwing. Daar het vir elke man wat in die oorlog gesterf het, nege vroue en kinders in die konsentrasiekampe gesterf. Selfs halwe rantsoene is vir vroue gegee wie se mans nie die wapen wou neerlê nie.

Dit het egter nie die Afrikanervroue se moed gebreek nie en steeds het hulle tot die einde gesê die mans moet aanhou veg. Die vroue was die ware bittereinders.
Afrikanervroue is sterker as wat ons lyk…

Emily Hobhouse het oor die monument gesê:
“We claim it as a world monument of which all the world’s women should be proud; for your dead by their brave simplicity have spoken to universal womanhood…”

For eighty years the Women’s Memorial in Bloemfontein was the only national monument in the world dedicated to women and children.

I invite members to visit the monument. On either side of the centre obelisk two bronze friezes depict women and children suffering. On the one side you see women and children and their few belongings on their way to the concentration camps. They were mostly transported in open rail carriages used for the transportation of cattle. On the other side the frieze depicts a company of women and children solemnly watching the death of a child in a camp tent.

Toe die Voortrekkermans in 1843 gelate besluit het om nie meer weerstand te bied teen die Britse kolonialisering van Natal nie, het vroue onder leiding van Susanna Smit ontplof. Hulle het daarop gewys dat, na veldslagte waarin hulle saam geveg het, mans hulle die versekering gegee het dat hulle in die toekoms saam besluite sou kon neem. Die vroue sou eerder kaalvoet oor die Drakensberge loop as om hul vryheid prys te gee en weer onder Britse beheer te wees. Die Britte was op daardie stadium geskok dat Afrikanervrouens soveel vryheid toegelaat is deur hul mans.

On 4 August 1915, 6000 Afrikaner women delivered a petition at the Union Buildings for the release of General de Wet. On 22 June 1940, 10 000 Afrikaner women marched to the Union Buildings for peace. On 9 August 1956, 20 000 women marched to the Union Buildings with the slogan: “If you strike a woman, you have struck a rock”.

Die verlede is belangrik en ons durf dit nie vergeet nie, maar dit is ons taak om besluite te neem vir die hede, nie die verlede nie. Ons moet besluite neem wat verhinder dat die verlede herhaal word.

Prof. Engela Pretorius van die departement van sosiologie aan die Universiteit van die Vrystaat sê: “Dit is my oortuiging dat formele instellings vir vroue binne die staat oor die lang termyn slegs effektief kan wees indien daar ‘n effektiewe feministiese vroue-beweging buite die staat in stand gehou word wat die grondslag waarop sosiale beleid gevorm word, kan uitdaag en bevraagteken.”

Thus, implying that you cannot govern women and women in leadership by a mere quota. Women need to be empowered and want to be empowered.

Vandag staan ek hier, as vrou in eie reg. As trotse Afrikanervrou. ‘n Vrou wat geveg het om hier te wees en as ‘n gelyke verkies te word, sonder kwota of bejammering.

Vroue moet vandag weer soos die vroue van die verlede opstaan vir dit wat hul toekom en nie wag op kwota- of kunsmatige bevoordeling nie.

Speaker, ek dank u.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.