Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra vir vergadering oor Stilfontein-toestand

Die VF Plus het ‘n dringende vergadering met die munisipale bestuurder van die Matlosana-plaaslike munisipaliteit (Klerksdorp, Stilfontein, Orkney en Hartbeesfontein) Roger Nkumise, aangevra om voorstelle te maak oor die verswakkende toestand van Stilfontein.

Die vinnige agteruitgang van Stilfontein is kommerwekkend. Die dorp is vol slaggate en slote in die strate, gebarste waterpype wat nie herstel word nie en verwaarloosde parke en sypaadjies.

Die verwaarlosing van die infrastruktuur en gepaardgaande onderbrekings in dienste soos watertoevoer het ‘n enorme impak op die gemeenskap.

Veral sakelui en gebou-eienaars ly onder gebrek aan dienste met voornemende en bestaande huurders wat nie kans sien om in so ‘n omgewing sake te doen nie. Gevolglik neem werksgeleenthede in Stilfontein af en is die plaaslike ekonomie toenemend onder druk.

Die gebrek aan dienste op die dorp bestaan terwyl baie basiese heffings en erfbelasting deur inwoners betaal word om infrastruktuur in Stilfontein te onderhou en te verbeter.

Die VF Plus sal aanhou om druk op Matlosana se bestuur te plaas om te verseker dat betalende inwoners die dienste ontvang waarvoor hulle betaal.

Kontaknommer: 079 409 8342

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Jennifer Glover

Ekurhuleni-paaie in ʼn krisis

Die toestand van paaie in die Ekurhuleni-metro versleg daagliks; die direkte gevolg van onbehoorlike beplanning, onderfinansiering en wanbestuur. Die meeste paaie in die metro is

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.