fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra LUR om in te gryp in Krugersdorp oor waterprobleme

Die VF Plus het die LUR vir plaaslike regering en behuising, me. Ntombi Mekgwe, versoek om in te gryp in die voortslepende waterkrisis wat die Mogale City munisipaliteit in Krugersdorp nou vir maande reeds teister.  Inwoners en sakelui van Noordheuwel en Monument in Krugersdorp is keelvol vir gereelde wateronderbrekings wat reeds groot skade en ongerief  by wonings, skole en ondernemings veroorsaak het.

Volgens mnr. Jaco Mulder, VF Plus-LPW vir Gauteng en inwoner van Krugersdorp, reageer die Mogale City munisipaliteit nou vir ‘n geruime tyd nie op enige navrae van die publiek. Die aanvanklike verskoning dat ‘n lekkende waterreservoir vir die gereelde onderbrekings verantwoordelik is, dra spreekwoordelik nie meer water nie, het Mulder gesê.

Die VF Plus het intussen vasgestel dat Krugersdorp se watertekorte waarskynlik ook verband hou met watertekorte wat vir ‘n geruime tyd reeds in Rustenburg in Noordwes ondervind word omdat die dorp sy water uit dieselfde pypleiding as die spesifieke gedeelte van Krugersdorp ontvang.

Die Mogale City stadsraad is ‘n dringende verduideliking aan die inwoners en belastingbetalers van Krugersdorp verskuldig en die VF Plus dring daarop aan dat die betrokke departemente die publiek in geen onduidelike terme inlig oor die werklike omvang van die situasie.

 

Jaco Mulder, LPW

VF Plus Leier Gauteng

082 466 3786

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.