Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra ingryping in Infrastruktuur-departement in Gauteng

Die departement vir infrastruktuur-ontwikkeling in Gauteng het gefaal as sleutelrolspeler in die skepping van werksgeleenthede in Gauteng, sê mnr. Jaco Mulder, VF Plus-LPW vir Gauteng.

Mulder het vandag tydens ‘n debat in die Gauteng Wetgewer verwys na werkskeppingsdoelwitte wat beide deur president Jacob Zuma en die premier vir Gauteng, Nomvula Mokanyane, bekend gestel is en dat die department byna geen daarvan kon behaal nie.

Die department het slegs 40 persent van sy doelwitte behaal nadat 100 persent van sy begroting spandeer is en ontbreek verder aan strategiese leiding omdat dit so na aan die einde van die wetgewerstermyn nog steeds oor geen geïntegreerde ontwikkelings-meesterplan beskik nie.

Infrastruktuurskepping word verder lamgelê deur ‘n groot hoeveelheid kritiese vakatures wat nie gevul word nie met slegs 4 uit ‘n beoogde 2004 beplande professionele poste wat gevul is. Die department het verder sedert 2009 reeds 3 departementshoofde en 3 LUR’e gehad.

Die VF Plus versoek die premier van Gauteng en LUR Dorothy Mahlangu om op ‘n dringende basis in te gryp in die totale samestelling en werkswyse van die department.

 

Jaco Mulder LPW

Kontak: 082 466 3786

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Jennifer Glover

Ekurhuleni-paaie in ʼn krisis

Die toestand van paaie in die Ekurhuleni-metro versleg daagliks; die direkte gevolg van onbehoorlike beplanning, onderfinansiering en wanbestuur. Die meeste paaie in die metro is

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.