Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus versoek Emfuleni-burgemeester om nie verdere protesaksie by skole toe te laat nie

Die VF Plus leier vir Gauteng, Jaco Mulder, het die burgemeester van Emfuleni, mnr. Jacob Khawe, Vrydag per brief versoek dat die stadsraad nie tot enige verdere protesaksie by skole in die gebied instem nie met spesifieke verwysing na Hoërskool Overvaal in Vereeniging.

Dit volg nadat dit aan die lig gekom het dat aansoeke vir verdere protesoptrede op Maandag 5 Februarie 2018 wel by Hoërskool Overvaal verwag word.

Mulder het in die brief verwys na toepaslike wetgewing waaronder die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996, die Kinderwet 38 van 2005 en die Beheer van Byeenkomste-wet 205 van 1993 wat spesifiek politieke aktiwiteite by skole, die veiligheid van kinders en leerders en openbare byeenkomste reguleer.

“Oortreding van hierdie wetgewing hou ernstige gevolge in en die Emfuleni-stadsraad gaan moet pa staan vir enige negatiewe voorvalle wat uit protesoptrede ontstaan waarvoor die raad toestemming verleen het,” sê Mulder.

Kontaknommers 082 466 3786 / 062 391 1804

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Corrie Pypers

Nuwe winkelsentrum in Meyerton oorstroom

Indien die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) sy stormwaterpype en -slote voor en tydens die reënseisoen onderhou het, sou die skade aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.