fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus veroordeel voortgesette onstabiliteit in Noordwes-provinsiale regering weens ANC-binnegevegte

Die VF Plus veroordeel die voortgesette onstabiliteit in Noordwes se provinsiale regering wat veroorsaak word deur die voortgesette ANC-binnegevegte in dié provinsie.

Die ANC se aankondiging vandag dat Noordwes se premier, Job Mokgoro, uit sy pos verwyder word, vererger hierdie onstabiliteit. Die feit dat Mokgoro boonop vervang word deur Bushy Maape, ‘n buitestaander met geen bewese regeringsondervinding nie, is totaal onbegryplik.

Alle aanduidings is dat Maape bloot as “plekhouer” aangestel is terwyl die verskillende ANC-faksies hul verskille besleg. Hierdie verwikkeling volg nadat Mokgoro verlede week Noordwes se LUR vir samewerkende regering, behuising en tradisionele sake (Coghsta), Mmoloki Chailwe, met onmiddelike effek afgedank het.

Hierdie chaotiese stand van sake verlam sleuteldepartemente in die regering van ‘n provinsie wat reeds deur ‘n algehele ineenstorting van dienste in die gesig gestaar word. Dit is skandelik dat die ANC skynbaar voortgaan met sy siniese magspel om ten alle koste die belange van die party en sy ontplooide kaders voorop te stel, ten koste van Noordwes se gemeenskap.

Kiesers moet in die komende verkiesings saam met die VF Plus opstaan en saamstaan om die verval in regering te stuit.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.