fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus veroordeel Nehawu-protesaksie wat pasiënte hul reg op gesondheidsorg in Noordwes ontneem

Die VF Plus in Noordwes is bekommerd oor die National Education, Health and Allied Workers' Union (Nehawu) se protesaksie wat vanoggend by die ingange van verskeie staatshospitale in die provinsie begin het.

Pasiënte word van hul reg op gesondheidsorg ontneem en voel geïntimideer om hospitaalgronde te betree.

Die protesaksie het ernstige ontwrigting in die gesondheidsektor in Noordwes veroorsaak.

Ambulanse is weggewys van hospitale en aangeraai om pasiënte na nabygeleë klinieke te neem wat nie toegerus is om ernstige noodgevalle te hanteer nie.

Dit is onaanvaarbaar dat die reg op protes verhewe is bo die reg van pasiënte op gesondheidsorg en selfs op lewe.

Wat verder kommer wek, is die feit dat die polisie nie voorbereid was op die protesaksie nie en in sekere gevalle eers ná sowat twee ure op die toneel aangekom het.

Die VF Plus het verneem dat daar wel vroeë waarskuwings uitgereik is rakende die protesaksie.

Noordwes se LUR vir gesondheid, mnr. Madoda Sambatha, het op navraag van die VF Plus bevestig dat hy bewus was van die beplande protesaksie.

Die reeds sukkelende openbare gesondheidsektor in Noordwes kan nie verdere terugslae bekostig nie.

Die VF Plus in Noordwes sal hieroor met 'n tweeledige doel skakel met die LUR van gesondheid, asook die provinsiale kommissaris van polisie, lt. genl. Sello Kwena.

Ten eerste om te verseker dat gesondheidswerkers binne die reg optree aangesien hulle deel is van noodsaaklike dienste.

Tweedens moet daar opgetree word teen protesgangers wat toegang tot noodsaaklike dienste blokkeer.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.