Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verheug oor oorwinning vir diere se welsyn

‘n Pleidooi van die VF Plus voor die parlement se portefeuljekomitee vir handel en nywerheid oor die welsyn van diere in Suid-Afrika, het vrugte afgewerp en goeie nuus kort voor die feesseisoen gebring dat geldelike hulp aan die Dierebeskermingsvereniging (DBV) nie sonder meer opgeskort is nie.

Die Nasionale Loterykommissie het aan die begin van die jaar besluit om nie meer geld aan die DBV te gee nie. Dit sou die organisasie se werksaamhede erg inperk en die DBV het gesê dié besluit sou hom dwing om veral gratis dienste wat in ‘arm gemeenskappe’ gelewer is, drasties in te kort.

Die VF Plus het daarop gewys dat die besluit kortsigtig was en dat dit groot dierelyding in veral minder gegoede en afgeleë gemeenskappe sou veroorsaak.

Dit was veral werkdiere soos donkies, perde en beeste wat in afgeleë gebiede vir werk en vervoer gebruik word, wat die swaarste getref sou word. Dié belangrike diens sou ná 62 jaar moontlik gestaak moes word.

Die VF Plus het kort na die aankondiging van die Loterykommissie onderneem om die aangeleentheid op te neem in ‘n poging om besluit te laat herroep. Die kommissie het vandag bevestig dat daar besin is en dat geld wel aan die DBV bewillig is.

‘n Organisasie soos die DBV doen dekades reeds belangrike werk vir diere en hul eienaars en dit sou tragies gewees het indien soveel diere nie meer gehelp kon word.

Die beskawingspeil van ‘n gemeenskap kan direk gemeet word aan die wyse waarop hy sy diere behandel. Liefde tussen mens en dier en die versorging van die diere het ‘n helende effek op ‘n gemeenskap.

Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.