Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus speel sleutelrol in die 2014 Gautengse verkiesing

Die VF Plus gaan in die 2014-algemene verkiesing ‘n sleutelrol speel in Gauteng, sê mnr. Jaco Mulder, LPW en VF Plus-leier vir Gauteng.

Volgens die nuutste onafhanklike meningspeilings van IPSOS toon die VF Plus ‘n groei van 22% in die provinsie sedert die 2009-algemene verkiesing.

Mulder het tydens ‘n vergadering van die party se Gautengse dagbestuur en VF Plus-raadslede in Centurion gesê dat geen ander party daarop kan aanspraak maak dat hy onbeskaamd veg vir Afrikaans, minderheidsregte, selfseggenskap en teen rasgedrewe regstellende aksie is nie.

Die VF Plus het homself die afgelope termyn in die provinsie ondermeer onderskei deur suksesvol veldtogte te voer teen die e-tolstelsel, die ondersoek na wanbesteding van Transnet se pensioenfondse, ‘n poging deur die ANC en DA om die Afrikanergemeenskap van Kleinfontein te diskrediteer, wanbesteding in die DA-beheerde Midvaal-munisipaliteit, die reg op moedertaalonderrig in skole en na volgehoue druk die Gautengse regering te dwing om die vervalle Bob van Reenen-stadion op Krugersdorp te herstel.

“Die VF Plus kan na die 2014-verkiesing as regeervennoot in ‘n koalisieregering die magsbalans bepaal om die ANC te onttroon,” het Mulder gesê. Die VF Plus het reeds in die verlede in koalisie met ondermeer die DA, ACDP, Cope en ander partye gehelp om die ANC in Kaapstad, George, Potchefstroom en Midvaal op soortgelyke wyse te verslaan.

Die VF Plus is die enigste party wat inspraak aan Afrikaners en ander minderhede in sowel provinsiale wetgewers as die nasionale vergadering kan gee.

 

Kontaknommer: 082 466 3786

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.