fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus plaas Matlosana-speaker op terme oor onreëlmatige goedkeuring van begroting

Die VF Plus het die speaker in die ANC-geleide Matlosana-plaaslike munisipaliteit, me. Stella Mondlane-Ngwenya, vandag skriftelik op terme geplaas en onder meer daarop gewys dat haar aandrang dat die munisipale begroting op ʼn onwettige wyse goedgekeur word, hoogs onreëlmatig is.

Mondlane-Ngwenya het vandag tydens ʼn raadsitting die goedkeuring van die munisipale begroting met ʼn gewone meerderheid van aanwesige raadslede bekragtig terwyl munisipale wetgewing uitdruklik bepaal dat die begroting slegs deur die meerderheid verkose raadslede in ʼn munisipaliteit goedgekeur kan word.

Die VF Plus het tydens die sitting die bepalings van die wet aan haar voorgehou en uitgewys dat ten minste veertig raadslede in Matlosana die begroting moet steun om dit wettig goed te keur. Slegs 34 raadslede het ten gunste van die begroting gestem. Die VF Plus is in sy argument gesteun deur afgevaardigdes van Noordwes se provinsiale regering sowel as senior amptenare in Matlosana se departement van korporatiewe dienste.

Die party het dit ook duidelik gemaak dat die speaker persoonlik aanspreeklik gehou sal word vir enige skade wat uit haar onverantwoordelike besluitneming sou voortspruit.

Die optrede van Mondlane-Ngwenya belig net weer die risiko’s wat ANC-kaders met hul mengsel van onkundigheid en matelose arrogansie vir die inwoners van Suid-Afrika inhou.

Dit is noodsaaklik dat die ANC uit regering verwyder word. Stem vir die VF Plus op 29 Mei om te verseker dat die ANC vervang word deur ʼn kundige koalisieregering waarin die VF Plus ʼn sleutelrol speel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.