Die VF Plus het nie die Bela Bela-plaaslike munisipaliteit (Warmbad) se begroting van R594 miljoen vir die 2024/25-finansiële gesteun nie.
Alhoewel daar geringe verbeterings is in dié munisipaliteit se finansies, het die party sterk standpunt ingeneem teen die aanvaarding van die begroting.
Die VF Plus het dit duidelik laat noteer dat daar met hierdie begroting nie voldoen is aan die vereiste wetlike regulasies nie.
Die ANC-meerderheidstem het wel die begroting aanvaar.
In ’n wending, het lede van ander partye vir die eerste keer op rekord gekom en die VF Plus se argument gesteun. Dit is net jammer dit was volgens prosedure te laat gedoen.
Die VF Plus sal aanhou veg vir beter dienslewering en gebalanseerde begrotings in belang van die inwoners van Warmbad.
Inwoners het op 29 Mei die geleentheid om die ANC by die stembus te straf en die VF Plus se hand te sterk.