Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus oortuig opposisiepartye in Gautengse wetgewer om Douglasdale-video te veroordeel

Die VF Plus het tydens ‘n vergadering van die gemeenskapveiligheids-komitee in die Gautengse wetgewer, opposisiepartye oortuig om die voorval by die Douglasdale-polisiekantoor waar ‘n vrou glo deur ‘n Johannesburgse metro-polisiebeampte vasgedruk is terwyl ‘n bloedmonster geneem is, te veroordeel.

Die gemeenskapveiligheidskomitee het reeds ‘n brief aan die Johannesburgse burgemeester, Herman Mashaba, asook die burgemeesterskomitee-voorsitter oor veiligheid, Michael Sun, gestuur waarin hulle die voorval veroordeel.

Komiteelede verwelkom ook die optrede van die Johannesburgse metroraad om die voorval intern te ondersoek en op te tree indien daar bevind word dat die metro-polisiebeampte onregmatig opgetree het.

Die komitee het verder ‘n beroep op metro-polisiebeamptes gedoen om versigtig te wees om tydens hul optrede nie landsburgers se menseregte te skend nie.

Die VF Plus in Gauteng is reeds met sy eie ondersoek besig en sal eersdaags daaroor berig.

Die VF Plus kan nie toelaat dat wetstoepassers buite die wet optree nie en sal seker maak oortreders word dissiplinêr aangekla.

Kontaknommer: 071 640 7283

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.