fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus lei afvaardiging om met Swazi-koning oor grond te praat

Die VF Plus lei môre op uitnodiging van Koning Mswati III van Swaziland ‘n afvaardiging van verskillende groeperinge om met die koning gesprek te voer oor grond in Suid-Afrika wat boere in historiese ooreenkomste wettiglik van die Swazi’s bekom het.

Die grond ter sprake beslaan feitlik die totale oppervlak van die provinsie van Mpumalanga en volgens beskikbare historiese dokumente is die grond in ruilooreenkomste van die destydse Swazi-koning bekom deur onder meer ruilhandel met vee.

Mnr. Werner Weber, die VF Plus se leier in Mpumalanga, sal die afvaardiging lei. Hy word vergesel van adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus. Die res van die afvaardiging bestaan uit onder andere senior ampsdraers van AfriForum, die Afrikanerbond en TLU SA.

Die doel van die gesprek is om die historiese ooreenkomste tussen die Swazi’s en die boere te herbevestig om sodoende die boodskap hard en duidelik aan die ANC-regering te stuur dat dit ‘n kwaadwillige mite is dat alle grond in Suid-Afrika van swartes gesteel is.

Die gesprek met die koning sal plaasvind by die koning se Lozitha-paleis net buite Lobamba waar die Swazi-parlement gesetel is. 

Die gesprek begin om 14:00 en ‘n mediakonferensie sal daarna gehou word. Belangstellendes is welkom om met mnr. Weber te skakel (nommer verskyn hier onder).

Kontaknommer: 084 652 9164

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.