fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus in Limpopo doen opnuut ‘n beroep op landelike gemeenskappe om paraat te wees

Die VF Plus in Limpopo doen ‘n dringende beroep op landelike gemeenskappe in die provinsie om hul paraatheid op te skerp ná nog ‘n plaasaanval in die vroeë oggendure op die welbekende Botha-familie van die Joe Botha Farming-sitrusboerdery by Marble Hall.

Mnr. Joe Botha jnr. se voertuig is geroof maar reeds terug gevind terwyl goedere soos skootrekenaars en selfone nog vermis word.

Inwoners van landelike gemeenskappe word aangemoedig om aan te sluit by hul plaaslike buurt- en plaaswagte wat ‘n gesamentlike doelwit het om die omgewing te beveilig in samewerking met die polisie.

Die VF Plus het nog altyd erns gemaak met plaasaanvalle en dring daarop aan dat die landelike beveiligingsplan, wat voorsiening maak vir die aanstel van bykomende personeel vir gespesialiseerde landelike eenhede, ten uitvoer gebring word.

Navrae: 066 024 4623

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.