Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus dien strafregtelike klag in teen bestuurders van Lekwa-munisipaliteit (Standerton) oor waterbesoedeling

Die VF Plus het vandag strafregtelike klagte ingedien teen die munisipale bestuurder van die Lekwa-munisipaliteit (Morgenzon, Standerton), mev. Gugulethu Ntshangase, en teen die hoof van tegniese dienste, mev. Zandile Mngadi, vir die aanhoudende besoedeling van die Vaalrivier.

Die oortredings is ingevolge Artikel 151 (i) (j) van die Nasionale Waterwet (36 van 1998) en die Afvalbestuurswet (59 of 2008). Die munisipaliteit is ook in minagting van ‘n hooggeregshofbevel (2018) vir besoedeling.

Die nasionale departement van water en sanitasie het in 2018 gesorg dat die hooggeregshof ‘n bevel teen die munisipaliteit uitreik om hul rioolstasies onmiddellik te herstel en om te verhinder dat die Vaalrivier en ander bronne verder besoedel word.

Volgens inligting en video-opnames van inwoners in Standerton, loop die riool vir jare reeds in die Vaalrivier en die bevel is bloot geïgnoreer.

Die VF Plus is van mening dat strafregtelike klagte ingedien moes word aangesien die munisipaliteit van Lekwa besluit het om alle vorme van dissipline te ignoreer.

Die VF Plus sal die saak ook deur die nasionale raad van provinsies (NRP) direk met die verantwoordelike minister opneem.

Daar moet ‘n presedent geskep word vir amptenare wat besoedeling toelaat.

Hulle moet ontslaan en strafregtelik vervolg word om 'n einde aan dié probleem te bring.

Navrae: 084 652 9164 / 076 687 2830

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.