fbpx
Vryheidsfront Plus

Tom Gouws-moord: VF Plus vra dat polisie-taakmag mense van Pretoria beskerm

Die moord op die skrywer Tom Gouws van Lynnwood, Pretoria, is net nog ‘n bewys van die toename in geweldsmisdaad en moord in Pretoria en die VF Plus gaan die burgemeester van Tshwane-metro, Solly Msimanga, versoek om ‘n taakmag in die metro-polisie te skep om inwoners te beveilig.

Die VF Plus sal versoek dat die taakmag veral fokus op misdaadintelligensie rondom kleinhoewes en plase om langtermyn-oplossings te vind.

Die VF Plus gaan ook ‘n gesprek fasiliteer tussen verskeie strategiese vennote, soos GPF’s, buurtwagte, sekuriteitsmaatskappye en burgerregtegroepe wat op die voorgrond van misdaadbekamping staan.

Misdaad, en in besonder moord, is aan die toeneem in Pretoria, en landelike gebiede word veral geteiken waar inwoners meer weerloos is en daar nie sterk polisie-sigbaarheid en teenwoordigheid is nie.

Die VF Plus is van mening dat ernstige misdaad buite beheer is en dat die regering totaal gefaal het om sy burgers te beskerm.

Die VF Plus het met skok verneem van die moord op mnr. Gouws en wil hiermee sy medeleye aan sy gesin en naasbestaandes betuig.

 

Kontaknommer: 072 815 4053

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.