fbpx
Vryheidsfront Plus

Toename van brutaliteit en misdadigheid in Polisie onaanvaarbaar

“Die toename van brutaliteit en misdadigheid in die Polisie met 37% na 6 728 gevalle, volgens die jaarverslag van die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat (OPOD), is onaanvaarbaar. Die minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa, moet verduidelik en sê wat hy gaan doen om brutaliteit en misdadigheid in die Polisie te stop. Dat verkragting in polisieselle van 40 na 168 gevalle in die laaste finansiële jaar toegeneem het, is ’n bewys van swak optrede teen misdadigheid in die Polisie. Die minister lewer lippediens aan die publiek om te sê hy sal sterk optree teen lede wat hulle skuldig maak aan wangedrag,” sê dr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder vir Polisie van die Vryheidsfront Plus. 

“Die feit dat die minister vroeër erken het in ’n amptelike vraag van my dat geen dissiplinêre stappe, sedert 2009, teen enige lid van die Polisie ingestel is waar howe siviele eise teen die Polisie toegestaan het nie, bevestig dat gebrek aan optrede teen hierdie lede, brutaliteit en misdadige optredes bevorder. Sommige polisielede dink hulle is verhewe bo die reg en onaantasbaar. Dit is skandalig en die minister moet volle verantwoordelikheid aanvaar vir die swak bestuur in die Polisie,” het Groenewald gesê. 

 

DR. PIETER GROENEWALD

Vir verdere navrae: 083 627 4397 / 082 472 0189

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.