Die VF Plus in Mpumalanga wens die jarelange VF Plus-ondersteuner en aktivis, Juanette Mentz, alle sterkte toe met haar verkiesing tot die Steve Tshwete-plaaslike munisipaliteit (Hendrina, Middelburg, Pullens Hope, Rietkuil).
Mentz, 'n jarelange Middelburg-inwoner het by herhaling bewys dat sy bereid is om hard te werk vir die mense van die omgewing en het uitdagings in dié verband met onderskeiding aangepak en afgehandel.
As raadslid sal sy nou in staat wees om soveel meer te kan doen. Die inwoners se griewe kan gouer na die raad verwys word en sodoende kan sy saam met ander raadslede werk om dienslewering aan die inwoners te verbeter.
Mentz is gedrewe en standvastig en het 'n uitstekende begrip van wat nodig is om 'n raadslid vir die VF Plus te wees.
Die VF Plus is trots daarop om haar as raadslid in die span te verwelkom en sal haar steun om ‘n verskil in Middelburg en die Steve Tshwete-munisipaliteit te maak.
Navrae: 084 695 9164 / 076 678 2830