Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Skort invordering van mynbou-tantième en koolstofbelasting op tot na krisis – VF Plus versoek om werkgewers te help

Die maatreëls wat die minister van mineraal- en energiesake, mnr. Gwede Mantashe, rakende die komende korona-inperkings aangekondig het, is grootliks sinvol. Mynbou word nie opgeskort nie, omdat sekere aanlegte eenvoudig nie gesluit kan word nie.

Verder gaan die lewering van steenkool aan kragsentrales en die vervaardiging van vloeibare brandstof voort om aan die verwagte laer tempo van verbruik te voldoen. Myne moet hul werkers steeds van huisvesting en voedsel voorsien, sodat die virus nie saam na hul tuistes reis nie.

Terwyl die sluiting van die ekonomie alle bedrywe nadelig raak, laai hierdie maatreëls bykomende kostes op mynbou-werkgewers.

Daarom is dit van pas dat mynbou-tantième, wat in werklikheid op mynbou-ontwikkeling gemik is, tot na die krisis gekanselleer word. Dieselfde geld vir koolstofbelasting, wat bedoel is om die koolstofvoetspoor van die Suid-Afrikaanse ekonomie te verklein.

Die produksie van koolsuurgas en ander kweekhuisgasse behoort buitendien tydens die sluiting noemenswaardig af te neem.

Hierdie toegewings behoort dit vir werkgewers moontlik te maak om na die huidige krisis by te dra tot die herstel van die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Kontaknommer: 074 166 5540

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.