fbpx
Vryheidsfront Plus

Sisi Ntombela se keuses wys ANC stel eie belang bo die van die Vrystaat

Die Vrystaatse premier, me. Sisi Ntombela, se keuse van sekere LUR’e is skokkend om die minste te sê. Ntombela maak nie erns met die krisis waarin die Vrystaat hom bevind nie en bevestig dit deur die ondeurdagte aanstellings wat sy vandag gemaak het.

Die voormalige burgemeester van die beleërde Moqhaka-munisipaliteit (Kroonstad, Viljoenskroon, Steynsrus), me. Tshidi Koloi se aanstelling as LUR van openbare werke is absoluut skokkend.
Onder Koloi se leierskap het die Moqhaka-munisipaliteit feitlik vergaan.

Dit is teleurstellend dat Ntombela gekies het om nie die aantal portefeuljes in haar provinsiale kabinet te verminder nie.

Dit is duidelik dat hierdie nodige verandering nie deurgevoer is nie as gevolg van die binnegevegte en faksievorming binne die Vrystaatse ANC. Sekere persone is slegs aangestel om sekere faksies gelukkig te hou.

Die ANC stel weereens die party se belange bo die van die inwoners van die Vrystaat.

‘n Vraagteken hang ook oor die ervaring van sekere LUR’e, met die aanstelling van nagenoeg vyf nuwe lede wat nie ondervinding in die uitvoerende gesag of selfs in die wetgewer het nie.

Die hoop op ‘n nuwe regering met beter prioriteite en ‘n politieke wil om die omstandighede in die Vrystaat te verbeter, het vandag vervaag omdat Ace Magashule se invloed in die keuse van LUR’e steeds duidelik sigbaar is.

Die VF Plus sal elke LUR verantwoordbaar hou vir die werksaamhede van sy of haar departement.

Kontaknommer: 084 206 3375

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.