fbpx
Vryheidsfront Plus

Rasgegronde huurbeleid is teenstrydig met gelykheidsklousule van Grondwet

Die rasgegronde beleid vir huurkontrakte vir kantore wat die Oos-Kaapse LUR vir openbare werke, Babalo Madikizela, tydens die indiening van sy departement se begroting in die Oos-Kaapse wetgewer aangekondig het, is ongrondwetlik en 'n rookskerm om politiek-verbonde kaders te verryk.

Die VF Plus is dit eens dat spesiale voorkeur nie verleen mag word aan net een bevolkingsgroep en om die res uit te sluit van ekonomiese geleenthede nie. Deur ander rasse uit te sluit in die aanbieding van kontrakte op grond van ras, is teenstrydig met die gelykheidsklousule van die Grondwet.

Die kantoorruimte ter sprake is in die Bisho-distrik en is om in die behoefte van die onderskeie departemente te voorsien. Dit moet vir alle rasse moontlik wees om tenders hiervoor in te dien.

Die VF Plus verbind hom daartoe om enige vorm van diskriminasie gegrond op ras, teen te staan.

Kontaknommer: 082 822 3414

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.