fbpx
Vryheidsfront Plus

Randwater lê beslag op Emfuleni se bankrekening

Randwater het beslag gelê op die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit ( Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) se bankrekening weens uitstaande skuld van R888 245 710.

Dit het gevolg ná die munisipaliteit nie sy afbetalingsooreenkoms van drie jaar gelede met Randwater nagekom het nie.

In Februarie 2020 is gedwonge beurtwater ingestel waar die waterdruk van ‘n gemiddelde 200 kilopascal (kPa) tot 150kPA verlaag is.

Emfuleni se waterskuld was toe meer as R1,2 miljard.

Eskom het in Desember 2022 op een van die munisipaliteit se bankrekeninge beslag gelê vir uitstaande skuld wat R5,8 miljoen beloop. Die elektrisiteitverskaffer het ook beslag gelê op 25 van die raad se diensleweringsvoertuie. Tans huur die munisipaliteit voertuie om dienslewering soos vullisverwydering te verrig.

Die verval van die Emfuleni-munisipaliteit kan net toegeskryf word aan die ANC se onvermoë om ‘n munisipaliteit suksesvol te bestuur.

Die situasie kan nie langer voortduur nie.

Emfuleni verdien beter as die ANC.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.