Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Plaasmoorde in Balfour wys opnuut kommando’s moet terug

Die groeiende vlaag plaasmoorde wys ondubbelsinnig dat die kommandostelsel teruggebring moet word sodat boere hulself kan beskerm, sê mnr. Werner Weber, leier van die VF Plus in Mpumalanga.

Mnr. Weber het in reaksie op die vierdubbele moord op die Smuts-familie in Balfour, Mpumalanga gesê dit wil voorkom of die regering die landelike gemeenskap nie kan of wil beveilig nie.

“Toe die kommandostelsel afgeskaf is, het die regering onderneem om iets in die plek van daarvan daar te stel. Die Landelike Beveiligingsplan (LBP) is wel in die plek daarvan gebring, maar die plan is tot op datum nog nie ten volle in werking gestel nie.

“Dit laat die vraag ontstaan of die regering regtens gedwing kan word om uitvoering aan sy onderneming te gee en die LBP so gou doenlik volledig in werking te stel. Die VF Plus sal hieraan aandag gee.

Die VF Plus deel in die hartseer van die geskokte kinders van die Smuts-gesin, Marcel en Cherise.

 

Kontaknommer: 084 652 9164

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.