fbpx
Vryheidsfront Plus

Noord-Kaapse begroting: Ekonomiese inkrimping maak goeie beplanning en harde werk noodsaaklik

Dit blyk duidelik uit die Noord-Kaapse begroting vir 2021/22 wat gister ter tafel gelê is, dat dié provinsie voor enorme uitdagings staan. Harde werk, noukeurige beplanning en gesonde finansiële bestuur sal nodig wees om die uitdagings van die 2021/22-finansiële jaar die hoof te bied.

Die LUR vir finansies, mnr. Abraham Vosloo, het bekend gemaak dat die totale besteding van R14,6 miljard 2% minder as verlede jaar is. Die ekonomie as geheel het egter met 7,2% gekrimp. Die enigste ligpunt is dat dit laer as die verwagte 7,8% is.

Provinsiale departemente waarvan die begroting gesny is, is onderwys met 2,1%, ekonomiese ontwikkeling en toerisme met 8,9% en landbou met 12,8%.

Elkeen van hierdie besnoeiings gaan die ekonomiese herstelpad van die Noord-Kaap na die vernietigende uitwerking van die Covid-19-pandemie en gepaardgaande grendelstaat bemoeilik.

Verdere besnoeiing is moontlik gemaak deur die afskaffing van die provinsiale Befondsingswet vir Politieke Partye in die lig van die nuwe nasionale wet met dieselfde doel.

Een departement waarvan die begroting gestyg het, is gesondheid. Ná onderwys met sowat R6,4 miljard, is gesondheid met bykans R4 miljard die grootste besteder in die provinsie.

Dié verhoging behoort die druk op mediese dienste in die provinsie te verlig, maar dit is te betwyfel of dit groot genoeg is om al die uitdagings die hoof te bied.

Om ekonomiese groei enigsins oor die medium- tot langtermyn vol te hou, sal besteding aan munisipale infrastruktuur ook aandag moet geniet. Die provinsiale departement vir plaaslike regering sal 'n sleutelrol moet speel om koördinering en goeie bestuur te verseker.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.