fbpx
Vryheidsfront Plus

Nelson Mandelabaai-metroraad moet beskadigde grafte in Despatch-begraafplaas herstel

Dis teleurstellend dat die Nelson Mandelabaai-metroraad (NMBM) met sy projek om begraafplase in die metro te beveilig, grafte in die Despatch-begraafplaas beskadig het in die proses om ‘n heining op te rig.

Die NMBM het ‘n 4km lange heining teen R6 miljoen om die begraafplaas opgerig om die vandalisering van grafte te verhoed en om die begraafplaas veilig te maak vir begrafnisgangers en besoekers, maar in die proses self skade aan grafte aangerig.

Die VF Plus het na vele klagtes uit die gemeenskap ‘n oorsigbesoek gebring aan die Despatch-begraafplaas om self ondersoek in te stel na beweringe dat munisipale werkers grafte platgestoot en grafstene beskadig het met ‘n stootskraper.

Tydens die oorsigbesoek was daar inwoners wat rondgedwaal het tussen grafte opsoek na afgestorwe geliefdes se laaste rusplekke. Ander inwoners het probeer om grafte te herstel en eenkant op ‘n hoop het ruikers en blomme gelê.

Van die grafte is skaars sigbaar onder die grondwalle en daar is duidelik ook tekens dat oor verskeie grafte gery is.

Hierdie gedrag is heeltemal onaanvaarbaar, aangesien die waardigheid van inwoners en hul oorlede geliefdes gerespekteer moet word en die optrede van die NMBM se amptenare grens aan grafskending.

Volgens die Suid-Afrikaanse Wet op Nasionale Erfenishulpbronne is grafskending en selfs die verwydering van blomversierings, aangeplante bome, ystertralies of sierhekke ‘n misdaad.

Die VF Plus dring aan dat die metro optree teen die betrokke amptenare en afdelingshoofde en die NMBM van die begrote R40 miljoen vir die omheining van begraafplase aanwend om die beskadigde grafte te herstel.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.