fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Mthethwa skend publiek se vertroue met McBride se aanstelling

“Die voorneme van die minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa, om Robert McBride, voormalige geskorste hoof van die Ekurhuleni Metro Polisie, as die hoof van die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat (OPOD) aan te stel, maak ’n klug en bespotting van die minister se uitsprake dat hy korrupsie in die Polisie sal uitroei,” sê dr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder vir Polisie van die Vryheidsfront Plus. 

“OPOD ondersoek korrupsie in die Polisie en die hoof moet nie ’n omstrede persoon wees nie en moet ’n onbesproke karakter hê. McBride is uiters omstrede en is beslis nie geskik vir die pos nie. Die publiek moet vertroue hê in die hoof van OPOD want baie klagtes is teen lede van die SAPD. Die Ekurhuleni-metroraad het nie eers vertroue in McBride gehad nie en hom geskors, hoe kan van die publiek verwag word om vertroue in hom te hê. Met hierdie optrede skend Mthethwa die publiek se vertroue en is dit duidelik dat McBride se aanstelling weereens kaderontplooiing van die ANC is,” het Groenewald gesê. 

 

 

Vir verdere navrae: 083 627 4397 / 082 472 0189

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.