fbpx
Vryheidsfront Plus

Mediumtermynbegroting: Rommelstatus nou Suid-Afrika se voorland

Die minister van finansies, Malusi Gigaba, gee toe dat Suid-Afrika midde-in ‘n ekonomie krisis staan, maar hy het geen voorstel of plan om die krisis op te los nie. In die lig hiervan is dit moeilik om te sien hoe rommelstatus teen die einde van die jaar vermy kan word, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Dr. Groenewald sê in reaksie op die mediumtermynbegroting wat min. Gigaba vandag aangekondig het, dat die minister die kritiese probleem, naamlik gebrekkige ekonomiese groei vermeld, maar dan niks gesê het om vertroue te skep in die land se ekonomie en wat beleggers na die land sal lok nie.

“Dit is juis van die allergrootste belang om beleggers te lok om ekonomiese groei te kry. Werkloosheid in Suid-Afrika is tans 38 persent. Dit plaas ‘n geweldige druk op bestaande belastingbetalers en die fiskus want daar moet dienste gelewer word en daar is nie geld daarvoor nie.

“Net die rente op Suid-Afrika se skuld beloop tans R163,3 miljard. En die voorspelling is dat dit teen 2022 R223,4 miljard gaan wees meet ‘n totale skuldlas van sowat R1 biljoen. Dit is een miljoen miljard rand. Dit is ‘n geweldige skuldlas.

“Daarom twyfel die VF Plus nie daaroor dat belastings en persoonlike belastings in Februarie aanstaande jaar verhoog gaan word nie. Die belastingbetalers moet hulle maar gereed maak vir aansienlike belastingverhogings. Die VF Plus sê dit is onbillik om die reeds swaar belaste belastingbetalers verder te melk net sodat hulle moet toesien hoe hul geld in ‘n bodemlose put van diefstal en korrupsie verdwyn.

“Die minister erken dat hy bekommerd is oor die groot voorkoms van belastingvermyding. Hy hoef egter nie te wonder waarom dit gebeur nie. Mense wat sien dat hul belastinggeld nie behoorlik aangewend word nie, gaan so min as moontlik probeer betaal.

“Die rand het reeds met 1,4% gedaal sedert die minister met sy toespraak begin het en ek sal nie verbaas wees as ons voor die einde van die jaar ‘n kredietafgradering gaan kry na rommelstatus nie, aangesien die minister niks aangekondig het wat vertroue skep nie.

“Verwysend na die probleme by staatsinstellings soos die SAUK, is al wat die minister kan sê dat ‘n nuwe raad aangestel is. Hy bied geen werkbare plan om die ware probleme aan te spreek nie. Die jongste syfers dui aan dat tesourie waarborge verskaf vir staatsentiteite se skuld wat nou reeds R445 miljard beloop.

“Geen land kan suksesvol wees as sy mense totaal oorbelas word net om buitensporige staatskuld te delg nie,” sê dr. Groenewald.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.