fbpx
Vryheidsfront Plus

Mangaung word in die afgrond in bestuur

Tydens die spesiale raadsvergadering van 14 Februarie 2017, het die Ouditeur-Generaal die 2015/2016 oudituitkomste van die Mangaung-metro ter tafel gelê. Die verslag en kommentaar deur die Ouditeur-Generaal was uiters negatief. Die Ouditeur-Generaal het ‘n gekwalifiseerde mening oor die munisipaliteit se finansiële state uitgespreek en veral die wanklassifikasie van bates, wesenlike verliese en onderspandering van voorwaardelike toekennings het tot die negatiewe mening aanleiding gegee. Klem is ook gelê op die laat betaling van krediteure en die toename in vrugtelose en verkwiste uitgawes.

Dévar Smit, VF Plus-raadslid in die Mangaung-metro, sê dat hoewel ongemagtigde uitgawes afgeneem het, dit onaanvaarbaar is dat hierdie uitgawes steeds R2.7 miljard beloop het. Die VF Plus betreur hierdie swak prestasie van die munisipaliteit en dring daarop aan dat voldoening aan die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur deur die munisipale bestuurder as rekenpligte amptenaar afgedwing word.

Smit het voorts die onvermoë van die ANC om die munisipaliteit behoorlik te bestuur beklemtoon. Hy het die rede vir die ongemagtigde uitgawes aan swak beplanning en begroting asook gebrekkige bestuur toegeskryf. Daar word swak begroot ten opsigte van byvoorbeeld die vervanging van bates.

Smit meen die huidige finansiële posisie van die metro is kommerwekkend, aangesien daar ‘n toename in inkomste van slegs 5.5% was, terwyl die uitgawes met 8.7% toegeneem het. Dit dui op die ANC-regering se onvermoë om behoorlike bestuur toe te pas.

 

Kontakbesonderhede: 084 206 3375

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.