Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Inwoners van Warrenton dalk genoop om self vir dienste verantwoordelikheid te aanvaar

Die inwoners van Warrenton in die Magareng-munisipaliteit gaan al vir etlike maande gebuk onder die munisipaliteit se onvermoë om na behore water te voorsien. Dit mag daartoe lei dat die inwoners 'n aksie loods om self verantwoordelikheid vir watervoorsiening te aanvaar.

Vrywilligers het al verskeie pogings aangewend om water aan mede-inwoners te voorsien. Die munisipale bestuurder is ook herhaaldelik versoek om na die swak voorsiening van gesuiwerde water en pompe wat nie werk nie, om te sien.

Onlangs is die skuld voor die deur van beurtkrag gelê, hoewel daar in die betrokke periode geen beurtkrag was nie.

In werklikheid is daar 'n probleem met die dorp se pyplyn. Dit moet water van die pompstasie noord van die Vaalrivier, na die dorp suid daarvan gelei.

Die gedeelte wat die rivier oorsteek, is egter verouderd en plek-plek stukkend. Dit kan dus nie die nodige water deurlaat nie. Inwoners word soms gedwing om met kanne en emmers vars water vanuit die lekkasies op te vang.

Ervaring het die VF Plus geleer dat die Menseregtekommissie (MRK) nie in staat is om voldoende druk te plaas op munisipaliteite wat hul plig tot watervoorsiening versuim nie.

Inwoners van Warrenton oorweeg tans om dieselfde proses te volg wat inwoners van Kgetlengrivier (Koster en Swartruggens) gemagtig het om dienslewering by die munisipaliteit oor te neem.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Corrie Pypers

Nuwe winkelsentrum in Meyerton oorstroom

Indien die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) sy stormwaterpype en -slote voor en tydens die reënseisoen onderhou het, sou die skade aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.